Prepaired to shine

Week 4: 22-28 November 2020

Finishing Strong – Morné Kruger  

  “You can’t go back and change the beginning, but you can start where you are and change the ending.” ― C.S. Lewis.

“Finishing is better than starting. Patience is better than pride.”                                   – Ecclesiastes 7:8 (NLT)

Welkom

Woord

Gebed: Open met gebed. 

Lees: (AFR 1983 Vertaling)

  • Hebreërs 12:2 Die oog gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof. 
  • Openbaring‬ 21:6‬‬‬‬‬‬‬‬ Ek is die Alfa en die Omega, die Begin en die Einde
  • 2 Timoteus‬ 4:7 ‬‬‬‬‬‬‬‬Ek het die goeie wedloop afgelê; ek het die wenstreep bereik; ek het gelowig end-uit volgehou. 
  • Filippense‬ 1:6‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬ Ek is veral ook daarvan oortuig dat God, wat die goeie werk in julle begin het, dit end-uit sal voer en dit sal voleindig op die dag wanneer Christus Jesus kom. 

Kyk: Kyk na die video deur Morné Kruger

Gesels oor die volgende:

In die wedloop van die lewe gaan dit nie oor hoe jy begin nie, maar oor hoe jy eindig:

  • Deel ‘n storie van iets wat jy begin het, maar nie klaar gemaak het nie. Indien jy gemaklik daarmee voel deel hoekom jy dit nie voltooi het nie. 
  • Deel ‘n storie van iets wat jy wel begin het en klaar gemaak het. Hoe voel jy oor die feit dat jy dit wel klaar gemaak het?
  • Om klaar te kon maak dra ‘n koste, wat het dit jou “gekos” (emosioneel, geestelik en finansieël)? 
  • Wat sou jy sê is ‘n enkele woord wat die sukses van jou storie definieer? 

Worship – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/

Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is. 

Werke en vrae

Ons is almal geroep deur God. Ons het elkeen ’n wedloop om te hardloop. Ons almal begin by die begin, maar nie almal bereik die eindstreep nie.Een van die belangrikste hulpmiddele wat ons benodig om suksesvol die wedloop te voleindig is die regte MENSE om ons. Mense wat ons bemoedig. Mense wat waarheid en lewe spreek. Kan julle as Connect Groep ’n verbintenis met mekaar maak om aan te hou mekaar bemoedig en om aan te hou vir mekaar bid, sodat elke groeplid sy/haar wedloop met sukses kan voleindig.