Henriette Barnard

SO VOL SOOS WAT EK LEEG IS

Ef 1:15-21 Die nuus dat julle in die Here Jesus glo en liefde aan al God se mense bewys, maak dat ook ek nie ophou om God vir julle te dank nie. Ek dink aan julle in my gebede en vra dat die God van ons Here Jesus Christus – die Vader aan wie al die heerlikheid behoort – aan julle geestelike wysheid en insig sal gee deurdat julle Hom persoonlik ken. Mag God julle harte so verlig dat julle sal insien watter wonderlike vooruitsig sy roeping inhou. Mag julle insien hoe ’n ryk heerlikheid dit is dat God sy eie mense vir Hom as ’n erfdeel verkryhet. Mag julle insien hoe enorm groot die krag is wat God gebruik vir ons wat glo. Dieselfde magtige sterkte was ook aan die werk toe God Christus uit die dood opgewek het en Hom in die hemel aan sy regterhand laat sit het. Nou is Christus hoog verhewe bo elke owerheid en gesag en krag en heerskappy, ja, elke noemenswaardige instansie, nie net in hierdie wêreld nie, maar ook in die wêreld wat kom.


Ef 3:16-19 Mag Hy deur sy Gees uit die rykdom van sy Goddelike grootheid aan julle die krag gee om innerlik sterk te word. Dan sal Christus deur die geloof in julle harte woon, en sal julle in God se liefde gewortel en gegrondves wees. Mag julle in staat wees om saam met al God se mense te begryp hoe breed en lank en hoe hoog en diep sy liefde is. Dan sal julle Christus se liefde, wat alle verstand te bowe gaan, beleef. Mag julle heeltemal met die volheid van God vervul word.


Welkom
● Verwelkom almal
● Gebruik ‘n toepaslike ysbreker – https://woordenlewe.com/ice-breakers/
Woord
1. Gebed: Open met gebed.
2. Lees:
● 1 Joh 4:8 Wie nie liefhet nie, het geen kennis van God nie, want God is liefde.
● Ef 3:17 … dat julle in die liefde gewortel en gegrondves sal wees.
3. Kyk na die video deur Henriette Barnard
4. Gesels oor Die Krag van Liefde
Bespreek die volgende standpunte:
1) Liefde is heelbo op Vader se prioriteitslys. – 1 Kor 13
2) Liefde is aksie. – 1 Joh 3:18
3) Liefde is ‘n keuse. – Kol 3:12-14
4) Liefde sterf in isolasie. – Ef 3:18

Worship – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/
Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe
webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens
gedoen is.
Werke en vrae
Hierdie week: Lees die bostaande gebed elke dag en vra die Heilige Gees om jou
elke dag te help om:
● God se liefde vir jou opnuut te ervaar.
● God se liefde uit te straal na die mense om jou.


Lees die onderstaande gedig:
Joy is love singing
Peace is love resting
Long-suffering is love enduring
Kindness is love’s touch
Goodness is love’s character
Faithfulness is love’s habit
Gentleness is love’s self-forgetfulness
Self-control is love holding the reins …