Week 4: 25-31 Oktober 2020

Praygrance – Morné Kruger  

 Gebed: God se Oor 

Gebed is ’n welriekende geur voor God. 

Ope 8:4 “Die rook van die wierook wat deur die engel geoffer is, het saam met die gebede van die gelowiges opgestyg voor God.” 

Psalm 141:2 “Ek roep na U, Here, kom tog gou na my toe, luister tog na my, ek roep na U. Mag my gebed voor U wees soos ‘n wierookoffer”

Welkom

Woord

  1. Gebed: Open met gebed.
  2. Lees: 1 Johannes 15:14-15 (NLV) Dit is die vrymoedigheid wat ons voor God het, dat wat ons ook al volgens Sy wil vra, Hy na ons luister. As ons dan met die wete leef dat Hy na ons luister, na wat ons ook al vra, weet ons ook dat Hy die versoek wat ons gevra het, toestaan
  3. Kyk: Kyk na die video deur Morné Kruger
  4. Gesels hieroor:
  • 1 Joh 5:14-15 sê dat God luister na ons. God se oor is op ons gerig. Ons kan ook met vrymoedigheid Hom vra. 
  • Hoe kry ek hierdie vrymoedigheid om Hom te vra?
  • Hoe kan ons God se teenwoordigheid binnegaan?
  • Wat is die dinge of versoeke wat die oor van God vandag moet hoor?

Worship – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/

Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of maak jou eie YouTube Playlist.

Werke en vrae

  • Hierdie week: Bid dat God se oor nader aan ons sal wees en dat Hy ons versoeke sal hoor. 
  • Noem en bid vir spesifieke versoeke wat julle as groep voel belangrik is in die dag en tyd waarbinne ons vandag lewe. 
  • Bid vir ons gemeente, ons omgewing, ons land asook ons wêreld.