Week 4: 10 Februarie 2021 Raymond Nell
Desperaat – UITKOMS
“Jesus teaches us that we can learn even from dishonest people who are smart! It would be
great if all true believers were as clever in spiritual matters as these crooks are in plying their
trade. The manager adapts quickly to a crisis and so should we especially in these pandemic days.”-Warner D’Souza
Welkom
● Verwelkom almal
● Gebruik ‘n toepaslike ysbreker – https://woordenlewe.com/ice-breakers/
Woord
1. Gebed: Open met gebed.
2. Lees: Die Oneerlike Bestuurder – Lukas 16:1
Lukas 16:5-7 “Daar en dan het die bestuurder toe almal wat aan sy baas geld skuld,
laat roep. Toe die eerste een daar opdaag, sê hy vir hom: ‘Ek sien jy betaal nie jou skuld nie. Sê my, hoeveel skuld jy aan my baas? Hy antwoord: ‘Honderd vate olyfolie.’
Toe sê hy vir hom: ‘Vat jou skuldbewys, gaan sit en skryf gou vyftig.’ Daarna vra hy vir ‘n ander een: ‘En jy, hoeveel skuld jy?’ Hy antwoord: ‘Honderd sak koring.’ En hy sê vir hom: ‘Vat jou skuldbewys en skryf tagtig.’”
Lukas 16:8 “Die werkgewer het die oneerlike bestuurder geprys vir die slim ding wat hy gedoen het. Die mense van hierdie wêreld tree onder mekaar slimmer op as die mense van die lig.”
3. Kyk: Kyk na die video deur Raymond Nell
4. Gesels: Gesels oor die Gelykenis van Oneerlike Bestuurder – Lukas 16:1-9
Oor die volgende vier weke gaan ons gesels oor hierdie gelykenis. Daar is vier bewegings wat na vore kom vanuit hierdie gelykenis: Ontwaking, Plan, Beweging,
Uitkoms.
Vanaand gesels ons oor: UITKOMS.
● Indien jy gemaklik voel deel die volgende: Gesels oor ‘n beplande uitkoms wat
uitgewerk het of oor ‘n beplande uitkoms wat nie uitgewerk het nie.
● Wat doen jy as jou uitkoms nie uitwerk soos jy beplan het nie?
Worship – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/
Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is.
Werke en vrae
● Elke Connect Groep het ook ’n spesifieke rol en bestaansreg, ’n God gegewe droom.
Wat dink julle is julle bestaansreg of roeping? Anders gestel: Wat is die uitkomste van julle Connect Groep?
© 2023 All Rights Reserved Word and Life Church