Week 5: 17 Februarie 2021 Raymond Nell

Desperaat – SOUT

“Question: “How can the church become ‘a counterculture for the common good’?”  Answer: “By becoming ‘saltier.’”
Timothy Keller

Welkom
● Verwelkom almal
● Gebruik ‘n toepaslike ysbreker – https://woordenlewe.com/ice-breakers/
Woord
1. Gebed: Open met gebed.
2. Lees: Elisa maak die water van Jerigo bruikbaar – 2 Kon. 2:19-22
2 Konings 2:20 “Elisa sê toe: ‘Bring vir my ‘n nuwe skottel en gooi sout daarin. Hulle het dit na hom toe gevat.”
Joshua 6:26 “Joshua het destyds plegtig verklaar: ‘Die Here sal die man straf wat dié stad, Jerigo, probeer herbou.”
3. Kyk: Kyk na die video deur Raymond Nell
4. Gesels: Gesels oor die verhaal van Elisa wat die water van Jerigo bruikbaar maak-2 Kon. 2:19-22
Ons fokus verskuif hierdie week na: Wat doen ek as ek in die teenwoordigheid van desperate mense is?
● Die mense in die wêreld om ons vind hulleself in ‘n desperate situasie.
Ons leef in ‘n gebroke, stukkende, selfs siek wêreld. Wat dink jy is ons veronderstel om te doen volgens die verhaal van Elisa wat die water
bruikbaar maak deur sout daarin te gooi?
● Wat kan jy doen om sout te wees in hierdie wêreld?
Worship – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/
Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is.

Werke en vrae
● Elke Connect Groep is veronderstel om sout te wees. Wat dink julle as groep
is julle veronderstel om in julle omgewing te doen? Waar moet julle as groep
sout wees?