Week 5: 18-24 Oktober 2020

Nou weet ek – Ronnie Barnard 

 Ons moet dit weet, God het ons eerste liefgehad.

Welkom

 

Woord

Gebed: Open met gebed. 

Lees:

1 Johannes 4:7-11 GELIEFDES, laat ons mekaar liefhê; want die liefde is uit God, en elkeen wat liefhet, is uit God gebore en ken God. Hy wat nie liefhet nie, het God nie geken nie, want God is liefde. Hierin is die liefde van God tot ons geopenbaar, dat God sy eniggebore Seun in die wêreld gestuur het, sodat ons deur Hom kan lewe. Hierin is die liefde: nie dat ons God liefgehad het nie, maar dat Hy ons liefgehad het en sy Seun gestuur het as ‘n versoening vir ons sondes. Geliefdes, as God ons so liefgehad het, behoort ons ook mekaar lief te hê.

Gesels bietjie oor die volgende:

Kom ons lees Efesiërs 3:14-21 – Gebed van Paulus vir die Efésiërs.

Om hierdie rede buig ek my knieë voor die Vader van onse Here Jesus Christus, van wie elke geslag in die hemele en op die aarde sy naam ontvang, dat Hy aan julle mag gee na die rykdom van sy heerlikheid om met krag versterk te word deur sy Gees in die innerlike mens, sodat Christus deur die geloof in julle harte kan woon, julle wat in die liefde gewortel en gegrond is, en julle in staat kan wees om saam met al die heiliges ten volle te begryp wat die breedte en lengte en diepte en hoogte is, en die liefde van Christus te ken wat die kennis oortref, sodat julle vervul kan word tot al die volheid van God. En aan Hom wat mag het om te doen ver bo alles wat ons bid of dink, volgens die krag wat in ons werk, (Gal 5:6 … die GELOOF wat deur die LIEFDE werk) aan Hom die heerlikheid in die gemeente in Christus Jesus deur alle geslagte tot in ewigheid! Amen.

 

  • Hoe ver sal jou liefde vir ‘n kind, huweliksmaat of familielid strek? Gesels nou oor hoe ver die liefde van God vir ons strek. 

 

Worship – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/

Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of maak jou eie playlist op YouTube.

Werke en vrae

  • God se liefde word geopenbaar in ons liefde vir die mense om ons. Wie dink jy het hierdie week nodig om God se liefde te ervaar of waarneem?
  • Bid vir mekaar en vra God dat Hy julle sal help om liefde aan mekaar te bewys.