KINDERS VAN DIE BELOFTE
Rom 9:8 “Dit wil sê, nie hulle is kinders van God wat die kinders van die vlees is nie, maar die kinders van die belofte word gereken as die nageslag.”
Welkom
● Verwelkom almal
● Gebruik ‘n toepaslike ysbreker – https://woordenlewe.com/ice-breakers/
Woord
1. Gebed: Open met gebed.
2. Lees: Die Verhaal van die twee vissies en die vyf broodjies
● Mark 6:34 En toe Jesus uitklim, sien Hy ‘n groot menigte, en Hy het vir hulle innig jammer gevoel, omdat hulle soos skape sonder herder was; en Hy het hulle baie dinge begin leer.
● Mark 6:39 (NLV) Daarna sê Jesus vir die mense om groepe te vorm en op die groen gras te gaan sit.
● Mark 6:37 (NLV) Hierop antwoord Jesus: “Gee julle vir hulle kos.”…
“Dit sal ’n yslike bedrag kos om brood te gaan koop om vir hulle te ete te gee!”
● Mark 6:30 (NLV) Die apostels het na Jesus toe teruggekom en vir Hom alles vertel wat hulle gedoen en wat hulle die mense geleer het.
● Mark 6:41 Toe het Hy die vyf brode en die twee visse geneem, na die hemel opgekyk en die seën gevra. Daarna het Hy die brood gebreek en dit vir sy dissipels gegee om aan die mense voor te sit. Hy het ook die twee visse onder hulle almal verdeel.
● Mark 6:44 En die wat van die brood geëet het, was omtrent vyf duisend manne
3. Kyk: Kyk na die video deur Gerhard Dalton
4. Gesels:
● Gesels oor Woord en Lewe Gemeente se Visie: – Matt 5:14
● Gesels oor Woord en Lewe Gemeente se Missie: – Efe 4:12-16
● Gesels oor Woord en Lewe Gemeente se waardes:
● Groei / Konneksie / Dien / Deel
Worship – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/
Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe
webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens
gedoen is.
Werke en vrae
Gesels oor hoe jy julle CONNECT Groep se rol binne die Waardes van Woord en Lewe Gemeente sien: Groei, Konneksie, Dien en Deel.
© 2023 All Rights Reserved Word and Life Church