Week 5 -30 Aug – 5 Sept 2020

Week 5 -30 Aug – 5 Sept 2020

Nuwe Hart – Vergewe Ander  

 Wanneer ek ander mense vergewe, ervaar ek God se vergifnis.

Welkom

 

Woord

  1. Gebed: Open met gebed. 

Lees: Efe. 4:32 Maar wees vriendelik en vol ontferming teenoor mekaar; vergeef mekaar soos God ook in Christus julle vergewe het.

Gesels: Hoekom is dit so belangrik is om ander te vergewe?

Vergifnis kom nie maklik nie. Ons moet aanleer hoe om te vergewe. Vergifnis is vrylating vir die party wat teenoor ons “sondig”, maar vergifnis is ook eintlik vrylating vir onsself. Vergifnis maak ons harte skoon en rein. Vreugde en vrede kom in my hart wanneer ek vergewe. 

 

Bespreek die volgende vrae:

  • Is onverskoning vra en vergifnis dieselfde?
  • Hoekom het ons nodig om ander te vergewe?
  • Wat is die rol van behoorlike kommunikasie om vergifnis te laat plaasvind? 
  • Wat gebeur met my wanneer ek waarlik vergewe?
  • Hoe vergewe ek ander? Hoe sou die “proses” van vergifnis lyk in my eie lewe?

 

Worship-Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/

Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is. 

Werke en vrae

  • Is daar dalk iemand wat jy moet vergewe? 
  • Wat kan jy hierdie week doen om vergifnis vir ander te gee?