Sunday servicesSundays from 8:30 in Boksburg and BenoniBoksburg Afrikaans 8:30 · 17:00Boksburg English 8:30 · 10:30 · 17:00Benoni 8:30

Weeklikse Gesprekke  /  Wees bly

Wees blyDeel 1

Jak 1:2 (NLV)

… wanneer julle in allerhande beproewings beland, moet julle eintlik baie bly wees.

Wees bly

Konneksiegroep:

Kies EEN AAND ’n week om julle konneksiegroep te hou.

Vra elke lid van jou konneksiegroep om hulle Bybel saam te bring.

Indien julle wil kan julle weer saam nagmaal neem.

1

Welkom

Verwelkom

Verwelkom elke groepslid

Ysbreker

Kies een van die volgende onderwerpe en gesels daaroor:

a

Wat is die verskil tussen: Opgewonde wees en Bly wees?.

b

Noem ‘n situasie of gebeurtenis wat jou baie Bly gemaak het.

2

Woord

Gebed

Open met gebed. (Gee almal ‘n geleentheid)

Lees: Kerntekse vir vandag

Jak 1:2 (NLV)

… wanneer julle in allerhande beproewings beland, moet julle eintlik baie bly wees.

Jak 1:3-4 (NLV)

Julle weet mos: Wanneer ’n mens se geloof ’n toets deurstaan, veroorsaak dit dat … julle julle lewensdoel bereik en geestelik gesond (kan) wees. Julle sal niks kortkom nie.

Neh 8:10 (NLV)

Moenie terneergedruk wees nie, want die blydskap wat die Here gee, sal julle krag wees!

Gesels in julle Konneksiegroep oor die volgende:

Gesels saam

As kinders van God weet ons hoe dit voel om deur ‘n Gelooftoets te gaan. Dit is nie maklike toetse nie. Ons weet nooit hoe lank hulle gaan duur nie. Ons weet nie altyd presies wat ons veronderstel is om te leer terwyl deur die toets gaan nie. Terwyl ons deur die toets gaan, gaan ons Gees, Siel en Liggaam deur so baie emosies. Hierdie emosies kan ons onderkry. Negatiewe emosies kan ons hele menswees beïnvloed.

Jakobus wil ons leer dat Gelooftoetse nie nadelig vir gelowiges is nie. Hierdie toetse is voordelig en dit maak ons geloof sterker. Daarom leer Jakobus ons om elke Gelooftoets met Blydskap in te gaan. Bly Wees wanneer ons deur Gelooftoetse gaan help ons om hierdie toetse met sukses te slaag. Ons hoef nie terneurgedruk die toetse van die lewe te skryf nie. Na elke toets sien ons gewoonlik die rede hoekom ons dit deurgemaak het.

Lees weer vandag se tekse en gesels daaroor:

a

Vertel van ‘n keer toe jy ‘n Gelooftoets deurgemaak het. Hoe het die situasie jou Geloof getoets en beïnvloed?

b

Hoekom is dit voordelig vir Kinders van God om deur Gelooftoetse te gaan?

Aanbidding

Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is.

Aanbidding
3

Werke en vrae

Gebruik nou Nagmaal saam as Konneksiegroep

As Konneksiegroep spandeer net so 5-10 minute voor julle verdaag in stilte en elke lid beantwoord vir homself/haarself die vrae hieronder. Skep ‘n rustige atmosfeer en laat toe dat die Here met elkeen afsonderlik praat.

Gesels met God oor die Gelooftoets waarin jy jou nou bevind.

Gesels oor wat jy van God nodig het om hierdie toets te slaag?