YAHWEH NISSI

YAHWEH NISSI

https://youtu.be/FgpPPdldIVs

5-11 September 2021 – Morne Kruger

Welkom

Woord

1. Gebed: Open met gebed. 

2. Lees:  Ex 17:8-15 

  • Ef 6:12 Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.
  • Ps 144:1 Geloofd sy die Here, my rots, wat my hande leer om te veg, my vingers om oorlog te voer.
  • 1 Kor 2:4 … maar in die betoning van gees en krag.
  • Jak 2:17 Net so is ook die geloof, as dit geen werke het nie, in sigself dood.
  • 1 Kor 14:14 Want as ek in ‘n taal bid, dan bid my gees, maar my verstand is onvrugbaar.
  • 1 Kor 14:15 Hoe staan die saak dan? Ek sal met die gees bid, maar ek sal ook met die verstand bid. Ek sal met die gees psalmsing, maar ek sal ook met die verstand psalmsing.
  • Rom 8:26 En net so kom ook die Gees ons swakhede te hulp, want ons weet nie reg wat ons moet bid nie, maar die Gees self tree vir ons in met onuitspreeklike sugtinge.

3. Kyk na die video deur Morne Kruger

4. Gesels: 

  1. Watter geveg moet jy hierdie week veg?  
  2. Hoe kan jy God innooi in geveg? 
  3. Hoe lig Jy God op as jou banier?

Worship – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/

Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is. 

Werke en vrae vir hierdie week

Dink aan die woorde; “God is my banier!”

  • Vra jouself hierdie vraag: “Waar het ek hierdie week nodig om God as banier op te lig?” 
  • Hoe lyk jou geveg wat jy hierdie week moet veg?
  • Hoe kan jy God innooi in jou geveg en hoe kan jy God toelaat om die geveg vir jou te veg?