Beter Saam – Deel 2

Beter SAAM-Deel 2

 3-9 Julie 2022

Pastoor Renaldo Barnard

Welkom

Woord

  1. Gebed: Open met gebed. 

  • Lees: 

  • Rom 12:5 (NLV)

… Al is ons baie, vorm ons SAAM een liggaam omdat ons aan Christus VERBIND is, en as ledemate van hierdie één liggaam hoort ons SAAM en het ons mekaar NODIG

1. Dit is VEILIGER

2. Gee en kry ONDERSTEUNING

3. Dit is WYS

  • Verhoudings is BELANGRIK!

  • Kol 3:12 (NLV)

… Daarom moet julle die volgende soos kle­re aantrek: liefdevolle DEERNIS, vriendelikheid, NEDERIGHEID, sagmoe­dig­heid, GEDULD

  • Kol 3:14 (NLV)

Die heel belangrikste wat jul­le moet aan­trek, is die LIEFDE. Die liefde BIND alles volmaak saam. 

  • Kol 3:13 (NLV)

VERDRA mekaar en as enigeen ’n klag­te teen iemand anders het, VERGEWE me­kaar. Vergewe me­kaar soos die Here julle ver­gewe het. 

  • Kol 3:15 (NLV)

… Verder, laat die VREDE wat Christus bewerk het, in jul­le le­wens die deurslag gee; want as le­de van een lig­gaam is julle tot vrede ge­roep. En wees DANKBAAR!

  • Jak 1:19 (NLV)

… wees altyd gou om te LUISTER, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie. 

  • Ps 133:1 (NLV)

Hoe GOED, hoe mooi is dit as broers (Familie) EENSGESIND saamwoon!

  • Kol 3:16 (NLV)

… Met alle WYSHEID moet julle mekaar on­derrig en me­kaar die REGTE pad wys.

  • Ps 133:2 (NLV)

Dit is soos kosbare OLIE op die kop (Hoof) wat AFLOOP op die baard, op die baard van Aäron, tot op die soom van sy kleed.

  • Kyk: Kyk na die video deur Pastoor Renaldo Barnard

  • Gesels in julle Konneksie Groep oor die volgende:

  1. Kyk na die volgende prente en gesels bietjie oor elkeen:

  • Wat beteken hierdie SAAM wees in ‘n GESIN of ‘n FAMILIE vir jou?

  • Wat is die voordele van SAAM wees in ‘n Geestelike Familie?

  • Bid vir elke groeplid teenwoordig asook afwesig.

Worship – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/

Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is. 

Werke en vrae:

Dink aan die woorde: “Beter SAAM”.

1. Maak hierdie week tyd om tyd te spandeer SAAM met iemand in jou GESIN of FAMILIE wat jy lanklaas gesien het. Indien die persoon ver bly, kantak die persoon.

2. Dink aan iemand in jou Geestelike Familie hierdie week en kyk of jy tyd SAAM met hierdie persoon kan spandeer. Gesels met hierdie persoon oor hoekom dit so wonderlik is om SAAM met hom/haar in ‘n Geestelike Familie te wees.

3. Bid gereeld hierdie week vir hierdie persone in jou lewe.