Â
Luk 21:36 (53)
WAAK dan en BID altyddeur, sodat julle WAARDIG geag mag word om al hierdie dinge wat kom, te ontvlug en voor die Seun van die mens te staan.
Â
Konneksiegroep:
Â
WELKOM
Verwelkom: Verwelkom elke groepslid
Â
Ysbreker: Kies een van die volgende onderwerpe en gesels daaroor:
a) Hoe hanteer jy tipies slegte nuus of groot uitdagings? Raak jy vinnig bekommerd of praat jy eers met die Here daaroor?
b) Het jy al ervaar dat jou gebedslewe bietjie afskeep wanneer jy besig is of wanneer die lewe se sorge baie is? Hoe het jy weer daardie konneksie begin bou?
Â
WOORD
Gebed:
Open met gebed. (Gee almal ‘n geleentheid)
Â
Lees:Â
KERNTEKSE VIR VANDAG:
Lukas 21:34 (53):
Maar pas op vir julleself, dat julle HARTE nie miskien BESWAAR word deur swelgery en dronkenskap en sorge van die lewe nie, en dié dag julle nie skielik OORVAL nie.
Â
Mattheüs 24:6-8 (53):
… julle sal HOOR van oorloë en gerugte van oorloë… Want die een nasie sal teen die ander OPSTAAN en die een koninkryk teen die ander; en daar sal hongersnode wees en pessiektes en aardbewings op verskillende plekke. Maar al hierdie dinge is ‘n begin van die SMARTE.
Â
Mattheüs 24:12 (53):
En omdat die ongeregtigheid VERMEERDER word, sal die liefde van die meeste VERKOEL.
Â
1 Tessalonisense 5:17, 19, 20 (53):
BID sonder ophou … BLUS die Gees nie uit nie. VERAG die profesieë nie.
Â
1 Tessalonisense 5:23 (53):
En mag Hy (Jesus)… julle volkome HEILIG maak, en mag julle gees en siel en liggaam geheel en al ONBERISPELIK bewaar word by die wederkoms van onse Here Jesus Christus!
Â
Mattheüs 24:13 (53):
Maar wie VOLHARD tot die einde toe, hy sal GERED word.
Â
Gesels in julle Konneksiegroep oor die volgende:
Â
Bitter of Bidder
Â
Ons begin ‘n nuwe reeks oor gebed, en oor die volgende vier weke gaan ons dieper kyk na die krag en noodsaaklikheid van ons gebedslewe.
Â
Wanneer ons na die wêreld om ons kyk, herinner die Woord ons dat ons sal hoor van oorloë, gerugte daarvan en dat daar ‘n begin van smarte en groot verdrukking sal wees. Die gevaar is dat ons harte beswaar kan word deur die sorge van die lewe en dat ons onverwags oorval word. Dit kan lei tot ‘n situasie waar die ongeregtigheid vermeerder en ons liefde begin verkoel. In hierdie tye kom ons voor ‘n keuse te staan: Gaan ons bitter wees oor alles wat sleg is, of gaan ons bidders wees wat volhard?
Â
Die antwoord lê daarin om sonder ophou te bid, en sodoende die Gees nie uit te blus nie. Soos ons volhard tot die einde toe, stel dit die Here in staat om ons gees, siel en liggaam onberispelik te bewaar vir Sy koms.
Â
Lees weer Vandag se tekse en gesels daaroor:
Â
a) Lukas 21 waarsku ons om op te pas dat ons harte nie beswaar word met die “sorge van die lewe” nie. Wat beteken dit prakties om waaksaam te bly en altyddeur te bid as teëvoeter vir die wêreld se sorge?
b) Jesus het gewaarsku dat vermeerderde ongeregtigheid sal veroorsaak dat die liefde van die meeste afkoel. Hoe kan aanhoudende gebed (om ‘n “bidder” in plaas van “bitter” te wees) verhoed dat ons eie harte verkoel?
Â
Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/
Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen was.Â
Â
WERKE en vrae:
Â
Gebruik nou Nagmaal saam as Konneksiegroep:
Liefde vir God, Liefde vir Mense
As Konneksiegroep spandeer net so 5 minute voor julle verdaag in stilte en elke lid beantwoord vir homself/haarself die vrae hieronder. Skep ‘n rustige atmosfeer en laat toe dat die Here met elkeen afsonderlik praat.Â
Â