WAAK dan en BID altyddeur, sodat julle WAARDIG geag mag word om al hierdie dinge wat kom, te ontvlug en voor die Seun van die mens te staan.
Â
Konneksiegroep:
Â
WELKOM
Â
Verwelkom: Verwelkom elke groepslid
Â
Ysbreker: Kies een van die volgende onderwerpe en gesels daaroor:
Â
WOORD
Â
Gebed:
Open met gebed. (Gee almal ‘n geleentheid)
Â
Lees:Â
KERNTEKSE VIR VANDAG:
Â
Lukas 21:34:
MAAR pas op vir julleself, dat julle HARTE nie miskien BESWAAR word deur swelgery en dronkenskap en SORGE van die LEWE nie, en dié dag julle nie skielik OORVAL nie.
Lukas 21:26, 28, 27:
… mense se harte (sal) BESWYK van vrees en verwagting van die dinge wat oor die wêreld kom. Want die KRAGTE van die hemele sal GESKUD word. En as hierdie dinge begin gebeur, KYK dan na BO en hef julle hoofde op, omdat julle VERLOSSING naby is. En dan sal hulle die Seun van die mens sien kom in ‘n wolk, met groot KRAG en heerlikheid.
Kolossense 3:1-2:
… SOEK die dinge daarbo waar Christus is en aan die regterhand van God sit. BEDINK die dinge wat daarbo is, nie wat op die aarde is nie.
Romeine 12:2:
En word nie aan hierdie wêreld GELYKVORMIG nie, maar word verander deur die VERNUWING van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en VOLMAAKTE wil van God is.
Lukas 21:33:
Die hemel en die aarde sal verbygaan, maar my woorde sal NOOIT verbygaan nie.
Johannes 8:31-32:
As julle in my WOORD bly (vashou en volhard), is julle waarlik my dissipels. En julle sal die WAARHEID ken, en die waarheid sal julle VRYMAAK.
Â
Gesels in julle Konneksiegroep oor die volgende:
Â
Bitter of Bidder
Jesus waarsku ons in Lukas dat die dinge wat oor die wêreld kom so intens sal wees dat mense se harte sal beswyk van vrees, en dat die kragte van die hemele geskud sal word. Dit is baie maklik dat hierdie dinge, asook die gewone sorge van die lewe, ons harte kan beswaar en ons skielik kan oorval. Maar as gelowiges het ons ‘n ander opdrag: As hierdie dinge begin gebeur, moet ons nie vrees nie, maar kyk na bo en hef ons hoofde op, omdat ons verlossing naby is.
Â
In plaas daarvan om aan hierdie vreesbevange wêreld gelykvormig te word, word ons geroep om ons gemoed te vernuwe en te soek na die dinge wat daarbo is. Alles wat ons op aarde sien sal verbygaan, maar God se Woord sal nooit verbygaan nie. As ons vashou en volhard in Sy Woord, sal ons die waarheid ken, en hierdie waarheid sal ons vrymaak van die wêreld se sorge en vrees.
Â
Lees weer Vandag se tekse en gesels daaroor:
Â
WORSHIP
Â
Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/
Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen was.Â
Â
WERKE en vrae:
Â
Gebruik nou Nagmaal saam as Konneksiegroep:
Â
Liefde vir God, Liefde vir Mense
As Konneksiegroep spandeer net so 5 minute voor julle verdaag in stilte en elke lid beantwoord vir homself/haarself die vrae hieronder. Skep ‘n rustige atmosfeer en laat toe dat die Here met elkeen afsonderlik praat.Â