29 Januarie – 4 Februarie 2023
Pastoor Renaldo Barnard
Welkom
- Verwelkom almal
- Gebruik ‘n toepaslike ysbreker – https://woordenlewe.com/ice-breakers/
Woord
- Gebed: Open met gebed.
- Lees:
- Eseg 47:9 (NLV)
… ORAL waar hierdie rivier loop, BRING DIT LEWE … (VRUG)
- Rom 10:14
HOE kan hulle Hom dan AANROEP in wie hulle nie GEGLO het nie? En hoe kan hulle IN HOM GLO van wie hulle NIE GEHOOR het nie? …
- Rom 10:14-15
… hoe kan hulle HOOR sonder een wat PREEK? En hoe kan hulle preek as hulle nie GESTUUR word nie? …
- Joh 6:5-6 (NLV)
… Jesus … SIEN …’n BAIE GROOT SKARE mense … Hy sê daarop … “Waar moet ons BROOD GAAN KOOP sodat die mense IETS TE ETE KRY? … Jesus het dit net gesê om HOM TE TOETS.
- Joh 6:7 (NLV)
… geantwoord: Dit sal ’n … FORTUIN KOS om aan ELKEEN van hulle net ’n stukkie KOS TE GEE.
- Joh 6:9 (NLV)
Hier is ’n seuntjie wat VYF GARSBRODE en TWEE VISSIES het, MAAR WAT IS DIT vir só BAIE MENSE?
- Joh 6:11
Daarna het Jesus die BROOD GENEEM, God daarvoor GEDANK en dit UITGEDEEL aan die mense …
- Joh 6:12-13
NADAT die mense VERSADIG was … Maak die stukke BYMEKAAR … NIKS VERLORE gaan nie … Daar was TWAALF MANDJIES VOL …
- Deut 8:12-14
… dit (KAN) GEBEUR dat JY GENOEG EET en MOOI HUISE bou en RUSTIG WOON … en jou BESITTINGS al hoe MEER WORD, en dat jy dan HOOGMOEDIG word en die Here jou God VERGEET …
- Deut 8:18
Maar jy moet die Here jou GOD NIE VERGEET NIE, want dit is HY wat jou die KRAG GEE om die RYKDOM TE VERWERF.
- Kyk: Kyk na die video deur Pastoor Renaldo Barnard
- Gesels in julle Konneksie Groep oor die volgende:
- Gesels bietjie oor die seuntjie wat die vyf broodjies en twee vissies gebring het.
- Wat kan ons as Konneksiegroep doen om: “DIEPER met God” te gaan, met betrekking tot ons Finansies?
- Wat kan ons as Konneksiegroep doen om: “WYER met Mense” te gaan, met betrekking tot ons finansies?
- Bid vir elke groeplid teenwoordig asook afwesig.
Worship – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/
Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is.
Werke en vrae:
Dink aan die woorde: “DIEPER met God en WYER met Mense”.
1. Wat kan jy hierdie week doen om: “Dieper met God” te gaan, met betrekking tot jou persoonlike finansies?
2. Wat kan jy hierdie week doen om: “Wyer met Mense” te gaan, met betrekking tot jou persoonlike finansies?