Mag en Gesag – Deel 1
5-11 Maart 2023
Pastoor Renaldo Barnard
Welkom
- Verwelkom almal
- Gebruik ‘n toepaslike ysbreker – https://woordenlewe.com/ice-breakers/
Woord
- Gebed: Open met gebed.
- Lees:
- Luk 9:1(53) … EN Hy het sy twaalf dissipels saamgeroep en aan hulle mag en gesag gegee oor al die duiwels en om siektes te genees.
- Luk 10:1(83) … Daarna het die Here twee en sewentig ander aangewys …
- Luk 10:19(53) … Kyk, Ek gee aan julle die mag om op slange en skerpioene te trap, en oor al die krag van die vyand; en niks sal julle ooit skade doen nie.
- Ef 6:12 … Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen elke mag en gesag, teen elke gees wat heers oor hierdie sondige wêreld, teen elke bose gees in die lug.
- 2 Kor 10:3(83) … Natuurlik leef ons in ‘n menslike liggaam, maar ons voer nie die stryd met menslike wapens nie.
- 2 Kor 10:4 … Die wapens van ons stryd is nie die wapens van die mens nie, maar die kragtige wapens van God wat vestings kan vernietig.
- Ps 149:6(53) … Lofverheffinge van God is in hulle keel, en ‘n tweesnydende swaard in hulle hand …
- Ps 144:19(83) … Geloof sy die Here, Hy is my rots. Hy leer my hande om oorlog te maak, my vingers om te veg.
- 2 Tim 2:3(83) … Dra jou deel van die ontberings soos ‘n goeie soldaat van Christus Jesus.
- 2 Tim 2:4 … ‘n Soldaat in aktiewe diens wat sy bevelvoerder tevrede wil stel, bemoei hom nie met die dinge van die gewone lewe nie.
- 2 Kor 2:14(ABA) … Hy wys altyd vir almal dat … Christus die Koning is wat sy vyande oorwin het. God gebruik ons sodat mense oral vir Christus kan leer ken.
- Kyk: Kyk na die video deur Pastoor Renaldo Barnard
- Gesels in julle Konneksie Groep oor die volgende:
- Gesels oor Lukas 9:1 asook Ef 6:12, wat wil hierdie twee skrifte vir ons leer?
- Wie gee hierdie Mag en Gesag aan ons?
- Hoekom Gee Hy vir ons hierdie Mag en Gesag?
- Bid vir elke groeplid teenwoordig asook afwesig.
Worship – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/
Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is.
Werke en vrae:
Dink aan die woorde: “Mag en Gesag”.
1. Maak tyd hierdie week om: “Dieper met God” te gaan. Maak tyd vir gebed, lof en aanbidding en stilte in God se teenwoordigheid. Vra die Here om jou te lei in hierdie week.
2. Waar moet jy hierdie week jou “Mag en Gesag” gebruik?