Week 2: 12-18 September 2021
Welkom
- Verwelkom almal
- Gebruik ‘n toepaslike ysbreker – https://woordenlewe.com/ice-breakers/
Woord
1. Gebed: Open met gebed.
2. Lees: Ex 17:8-15
- Jes 54:17 Elke wapen wat teen jou gesmee word, sal niks uitrig nie; en elke tong wat teen jou opstaan in die gereg, sal jy weerlê. Dit is die erfdeel van die knegte van die Here en hulle geregtigheid wat uit My is, spreek die Here.
- Gal 5:16 MAAR ek sê: Wandel deur die Gees, dan sal julle nooit die begeerlikheid van die vlees volbring nie …
- Gal 5:17 … want die vlees begeer teen die Gees, en die Gees teen die vlees; en hulle staan teenoor mekaar, sodat julle nie kan doen wat julle wil nie.
- Gal 5:18 Maar as julle deur die Gees gelei word, dan is julle nie onder die wet nie.
- Rom 7:24 Ek, ellendige mens! Wie sal my verlos van die liggaam van hierdie dood?
- Matt 16:23 Maar Hy het omgedraai en vir Petrus gesê: Gaan weg agter My, Satan! Jy is vir My ‘n struikelblok, omdat jy nie die dinge van God bedink nie, maar die dinge van die mense.
- Kol 2:8 Pas op dat niemand julle as ‘n buit wegvoer deur die wysbegeerte en nietige misleiding nie, volgens die oorlewering van die mense, volgens die eerste beginsels van die wêreld en nie volgens Christus nie.
- Jak 4:7 … weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug.
- 1 Pet 5:8 Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos ‘n brullende leeu en soek wie hy kan verslind.
- 2 Kor 10:3-5 Want hoewel ons in die vlees wandel, voer ons die stryd nie volgens die vlees nie, … want die wapens van ons stryd is nie vleeslik nie, maar kragtig deur God om vestings neer te werp, … terwyl ons planne verbreek en elke skans wat opgewerp word teen die kennis van God, en elke gedagte gevange neem tot die gehoorsaamheid aan Christus.
- Jes 54:15 As hulle ook die aanval begin — dit is nie uit My nie; wie jou aanval, sal oor jou val.
3. Kyk na die video deur Morne Kruger
4. Gesels:
- As Connect Group; “Watter geveg moet julle saam veg?”
- Hoe kan julle God innooi in julle geveg?
- Hoe lig julle God op as julle banier?
Worship – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/
Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is.
Werke en vrae vir hierdie week
Dink aan die woorde; “God veg vir my!”
- Vra jouself hierdie vraag: “Watter geveg moet jy hierdie week veg?”
- Hoe lyk jou hierdie geveg?
- Hoe kan jy God innooi in jou geveg en hoe kan jy God toelaat om die geveg vir jou te veg?